LEVITIKUS 27:11
LEVITIKUS 27:11 Bybel vir almal (ABA)
En as dit 'n onrein dier is wat hy nie aan die Here mag offer nie, dan moet hy die dier na die priester toe bring.
LEVITIKUS 27:11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En as dit enige onrein stuk vee is waarvan hulle aan die HERE geen offer mag bring nie, moet hy die dier voor die priester stel
LEVITIKUS 27:11 Afrikaans 1983 (AFR83)
As die gelofte gaan oor 'n onrein dier wat nie aan die Here geoffer mag word nie, moet die dier na die priester toe gebring word.
LEVITIKUS 27:11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
As dit enige •onrein dier is waarvan dele nie as 'n offer vir die HERE aangebied mag word nie, moet die persoon die dier voor die priester bring.
LEVITIKUS 27:11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En as dit 'n onrein dier is waarvan hulle nie 'n offer aan die HERE bring nie, moet hy die dier voor die priester bring.