LEVITIKUS 25:9
LEVITIKUS 25:9 Bybel vir almal (ABA)
Dan moet jy op die tiende dag van die sewende maand, op Versoendag, oral in die land op die ramshoring blaas.
LEVITIKUS 25:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Dan moet jy in die sewende maand, op die tiende van die maand, 'n basuingeklank laat deurgaan; op die versoendag moet julle die basuin deur julle hele land laat gaan.
LEVITIKUS 25:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Laat dan ramshorings blaas op die tiende van die sewende maand op die versoendag. Die ramshorings is die teken dat almal in die land
LEVITIKUS 25:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Laat dan die •ramshoring se harde geluid oral weerklink op die tiende dag van die sewende maand. Op die •Dag van Versoening moet die ramshoring deur julle hele land weerklink.
LEVITIKUS 25:9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Dan moet jy die basuin van die jubeljaar laat blaas op die tiende dag van die sewende maand; op die versoendag moet julle die basuin in julle hele land laat blaas.