LEVITIKUS 25:46
LEVITIKUS 25:46 Die Boodskap (DB)
Jy kan hulle in jou testament aan jou kinders bemaak as hulle eiendom. Hulle is lewenslank hulle slawe. Een Israeliet mag egter nie ’n ander Israeliet met geweld oorheers nie.
LEVITIKUS 25:46 Bybel vir almal (ABA)
en julle kinders mag die slawe erf en hou so lank soos hulle lewe. Julle mag slawe hê wat julle so gekry het, maar julle mag nie kwaai oor ander Israeliete regeer nie.
LEVITIKUS 25:46 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En julle mag dié aan julle kinders ná julle nalaat as 'n erflike besitting; vir ewig mag julle hulle laat dien. Maar oor julle broers, die kinders van Israel, die een oor die ander — oor hom mag jy nie met hardheid heers nie.
LEVITIKUS 25:46 Afrikaans 1983 (AFR83)
wat deur julle aan julle kinders bemaak kan word as besittings en wat lewenslank hulle slawe sal wees. Julle mag egter nooit van julle mede-Israeliete slawe maak nie.
LEVITIKUS 25:46 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Julle mag hulle aan julle kinders ná julle nalaat as erflike besit. Julle mag hulle vir altyd slawewerk laat doen. Maar wat julle broers die Israeliete betref, die een mag nie die ander aan geweld onderwerp nie.