LEVITIKUS 25:39
LEVITIKUS 25:39 Bybel vir almal (ABA)
“Wanneer een van julle so arm word dat hy homself aan jou moet verkoop, dan moet jy hom nie vir jou laat werk soos 'n slaaf nie.
LEVITIKUS 25:39 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En as jou broer by jou verarm en hom aan jou verkoop, mag jy hom nie as slaaf laat dien nie.
LEVITIKUS 25:39 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Wanneer 'n mede-Israeliet in jou omgewing só in die skuld raak dat hy hom aan jou verkoop as slaaf, mag jy hom nie slawewerk laat doen nie.
LEVITIKUS 25:39 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ ‘ Wanneer jou broer wat by jou is, verarm en hom aan jou verkoop, mag jy hom nie slawewerk laat doen nie.
LEVITIKUS 25:39 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En as jou broer wat by jou woon, arm word en aan jou verkoop word; jy mag hom nie dwing om as slaaf te dien nie.