LEVITIKUS 23:8
LEVITIKUS 23:8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar julle moet sewe dae lank aan die HERE 'n vuuroffer bring. Op die sewende dag moet daar 'n heilige vierdag wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.
LEVITIKUS 23:8 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet vir die Here 'n vuur-offer bring op elkeen van hierdie sewe dae. Op die sewende dag moet julle weer bymekaarkom en julle moet julleself wy. Julle mag dan nie die werk doen wat julle altyd doen nie.”
LEVITIKUS 23:8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Sewe dae lank moet julle offers aan die Here bring. Die sewende dag moet julle weer 'n gewyde byeenkoms hou, en niemand mag werk nie.”
LEVITIKUS 23:8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Sewe dae lank moet julle daagliks 'n offergawe vir die HERE bring. Op die sewende dag is daar 'n heilige byeenkoms. Julle mag geen gewone take verrig nie.’ ”
LEVITIKUS 23:8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar sewe dae lank moet julle 'n vuuroffer aan die HERE bring; op die sewende dag is dit 'n heilige samekoms; geen dienswerk mag julle daarin doen nie.