LEVITIKUS 23:6
LEVITIKUS 23:6 Bybel vir almal (ABA)
Die Fees van die Ongesuurde Brood begin op die vyftiende dag van dieselfde maand. Dan moet julle sewe dae lank ongesuurde brood eet.
LEVITIKUS 23:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en op die vyftiende dag van hierdie maand is die fees van die ongesuurde brode van die HERE; sewe dae lank moet julle ongesuurde brode eet.
LEVITIKUS 23:6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Op die vyftiende van dieselfde maand begin die fees van ongesuurde brood tot eer van die Here. Sewe dae moet julle ongesuurde brood eet.
LEVITIKUS 23:6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Op die vyftiende dag van hierdie maand begin die Fees van Ongesuurde Brood vir die HERE. Sewe dae lank moet julle ongesuurde brood eet.
LEVITIKUS 23:6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En op die vyftiende dag van dieselfde maand is die fees van die ongesuurde brode tot eer van die HERE; sewe dae lank moet julle ongesuurde brode eet.