LEVITIKUS 23:35
LEVITIKUS 23:35 Bybel vir almal (ABA)
Op die eerste dag moet julle bymekaarkom en julle moet julleself wy. Julle mag nie die werk doen wat julle altyd doen nie.
LEVITIKUS 23:35 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Op die eerste dag moet daar 'n heilige vierdag wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.
LEVITIKUS 23:35 Afrikaans 1983 (AFR83)
Op die eerste dag van die fees moet julle 'n gewyde byeenkoms hou. Niemand mag dan werk nie.
LEVITIKUS 23:35 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Op die eerste dag is daar 'n heilige byeenkoms. Julle mag geen gewone take verrig nie.
LEVITIKUS 23:35 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Op die eerste dag moet daar 'n heilige samekoms wees; geen dienswerk mag julle daarin doen nie.