LEVITIKUS 23:21
LEVITIKUS 23:21 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet op dieselfde dag bymekaarkom en julle moet julleself wy. Julle mag nie die werk doen wat julle altyd doen nie. Julle en julle nageslag moet dit altyd so doen, oral waar julle woon.
LEVITIKUS 23:21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En julle moet op daardie selfde dag uitroep: 'n heilige vierdag moet dit vir julle wees; géén beroepswerk mag julle doen nie. Dit is 'n ewige insetting in al julle woonplekke vir julle geslagte.
LEVITIKUS 23:21 Afrikaans 1983 (AFR83)
Op hierdie dag moet julle 'n gewyde byeenkoms hou. Niemand mag dan werk nie. Dit moet vir altyd 'n vaste instelling wees, waar julle of julle nageslag ook al woon.
LEVITIKUS 23:21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ ‘Julle moet op daardie bepaalde dag 'n byeenkoms saamroep. Dit moet vir julle heilig wees; julle mag geen gewone take verrig nie. Dit is vir altyd 'n vaste voorskrif vir julle nageslagte, waar julle ook al woon.
LEVITIKUS 23:21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En julle moet op dieselfde dag uitroep, dat dit vir julle 'n heilige samekoms kan wees; geen dienswerk mag julle doen nie; dit moet 'n ewige insetting wees in al julle wonings in julle geslagte.