LEVITIKUS 23:20
LEVITIKUS 23:20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en die priester moet hulle saam met die eerstelingsbrood as beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg saam met die twee lammers; dié moet aan die HERE heilig wees, ten voordele van die priester.
LEVITIKUS 23:20 Bybel vir almal (ABA)
Die priester moet hulle heen en weer beweeg saam met die brode van die eerste koring-oes. Saam met die twee lammers is dit 'n beweeg-offer voor die Here. Dit is aan die Here gewy, en die priester moet dit kry.
LEVITIKUS 23:20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die priester moet die twee lammers saam met die brode uit die eerste opbrengs van die oes as beweegoffer vir die Here aanbied. Dit is 'n gewyde gawe aan die Here en dit kom die priesters toe.
LEVITIKUS 23:20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die priester moet hulle – die twee lammers – saam met die brood van die oes se eerste opbrengs, voor die HERE as 'n gewyde gawe heen en weer beweeg. Dit is 'n heilige gawe aan die HERE wat die priester toekom.
LEVITIKUS 23:20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die priester moet dit saam met die brood van die eerstelinge as beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg, saam met die twee lammers; dit moet aan die HERE heilig wees vir die priester.