LEVITIKUS 23:17
LEVITIKUS 23:17 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet uit julle woonplekke twee brode bring om beweeg-offers te wees. Julle moet elke brood bak van twee tiendes van 'n efa van die beste meel, en daar moet suurdeeg in die brood wees. Dit is 'n offer vir die Here, dit is van die eerste koring-oes.
LEVITIKUS 23:17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Julle moet uit jul woonplekke twee beweegbrode bring; dit moet van twee-tiendes van 'n efa fynmeel wees; gesuurd moet dit gebak word as eerstelinge aan die HERE.
LEVITIKUS 23:17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Elke gesin moet twee brode vir 'n beweegoffer na die heiligdom toe bring. Dit moet van drie kilogram meel met suurdeeg gebak wees en is 'n gawe aan die Here uit die eerste opbrengs van die oes.
LEVITIKUS 23:17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Van die plekke waar julle woon, moet julle twee brode as gewyde gawe saambring, wat van twee tiendes van 'n efa gesifte meel berei moet word. Dit moet met suurdeeg gebak word as eerste opbrengs van die oes vir die HERE.
LEVITIKUS 23:17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Julle moet uit julle woonplekke twee beweegbrode van twee tiendes bring; dit moet fynmeel wees; hulle moet met suurdeeg gebak word; hulle is die eerstelinge vir die HERE.
LEVITIKUS 23:17 Die Boodskap (DB)
Van oral waar julle woon, moet julle brood bring om vir die Here te offer. Dit moet van drie kilogram meel gebak wees. Hierdie keer moet julle dit bak met suurdeeg in. Dit is ’n offer vir die Here van die eerste opbrengs van die oes.
LEVITIKUS 23:17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Bring van julle blyplekke af twee brode saam sodat dit as ’n offer in die teenwoordigheid van die HERE opgelig kan word. Hierdie brode moet gebak word van drie kilogram meel wat suurdeeg bevat. Dit sal ’n offer vir die HERE wees uit die eerste opbrengs van julle oes.