LEVITIKUS 23:15-16 - Compare All Versions
LEVITIKUS 23:15-16 AFR83 (Afrikaans 1983)
“Van die dag ná die sabbat af, die dag waarop julle die are as beweegoffer vir die Here aanbied, moet julle sewe volle weke tel. Die dag ná die sewende sabbat, op die vyftigste dag, moet julle vir die Here 'n graanoffer bring uit die pas geoeste graan.
LEVITIKUS 23:15-16 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Dan moet julle tel van die dag ná die sabbat, van die dag af as julle die beweegoffergerf bring — sewe volle weke moet dit wees; tot die dag ná die sewende sabbat moet julle vyftig dae tel; dan moet julle 'n nuwe spysoffer aan die HERE bring.
LEVITIKUS 23:15-16 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
“Vanaf die dag ná die Sabbat, die dag waarop die gerf are opgelig is as ’n offer, moet julle sewe weke aftel. Hou aan tel tot die dag ná die sewende Sabbat, dit wil sê, 50 dae later, en bring dan ’n offer van graan wat pas geoes is vir die HERE.
LEVITIKUS 23:15-16 DB (Die Boodskap)
“Van die dag af nadat julle die eerste gerf graan kom offer het, moet julle ’n volle sewe weke aftel tot op die 50ste dag. Dit is die eerste dag na die sewende sabbat. Op daardie dag moet julle weer ’n offer vir die Here bring uit die graan wat so pas geoes is.
LEVITIKUS 23:15-16 ABA (Bybel vir almal)
Daarna moet julle sewe weke tel, julle moet dit tel van die dag ná die Sabbatdag, die dag wanneer julle die gerf bring om 'n beweeg-offer te wees. Daarna moet julle 50 dae tel tot op die dag ná die sewende Sabbatdag, en dan moet julle 'n nuwe koring-offer bring.
LEVITIKUS 23:15-16 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
“ ‘ Vanaf die dag ná die Sabbat, vanaf die dag waarop julle 'n gerf as gewyde gawe bring, moet julle die dae aftel: Sewe volle weke moet dit wees. Julle moet vyftig dae tel tot op die dag ná die sewende Sabbat. Bring dan 'n nuwe graanoffer vir die HERE.
LEVITIKUS 23:15-16 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En julle moet vir julle tel van die môre ná die sabbat af, van die dag af dat julle die beweegoffergerf gebring het; sewe sabbatte moet voltooi wees: En tot die môre ná die sewende sabbat moet julle vyftig dae tel; en julle moet 'n nuwe spysoffer aan die HERE bring.