LEVITIKUS 23:14
LEVITIKUS 23:14 Bybel vir almal (ABA)
Tot op hierdie dag mag julle nie brood of gebraaide koring of koringkorrels van die nuwe koring-oes eet nie. Julle moet eers die offer vir julle God bring. Julle en julle nageslag moet dit altyd doen, oral waar julle woon.
LEVITIKUS 23:14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En julle mag geen brood of gebraaide koring of vars graan eet tot daardie selfde dag toe nie, totdat julle die offer van julle God bring. Dit is 'n ewige insetting vir julle geslagte in al julle woonplekke.
LEVITIKUS 23:14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Voor hierdie dag waarop julle die offer aan julle God bring, mag julle nog niks van die nuwe graan gebruik nie, nie gebak of gebraai of rou nie. Dit moet 'n vaste instelling vir julle hele nageslag wees, waar julle ook al woon.
LEVITIKUS 23:14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Brood en geroosterde en vars graan mag julle nie tot op daardie bepaalde dag eet nie, totdat julle die offer vir julle God gebring het. Dit is 'n vaste voorskrif wat vir altyd vir julle nageslagte geld, waar julle ook al woon.
LEVITIKUS 23:14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En julle mag geen brood of gebraaide koring of groen are eet nie, tot op dieselfde dag dat julle 'n offer aan julle God bring; dit moet 'n ewige insetting wees vir julle geslagte in al julle woonplekke.