LEVITIKUS 21:21
LEVITIKUS 21:21 Bybel vir almal (ABA)
As iemand van die nageslag van Aäron nie heeltemal gesond is nie, dan mag hy nie by die altaar kom om die vuur-offers van die Here te offer nie. Hy is nie heeltemal gesond nie en hy mag nie by die altaar kom om die kos van sy God te offer nie.
LEVITIKUS 21:21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Geen man uit die nageslag van Aäron, die priester, aan wie 'n liggaamsgebrek is, mag nader kom om die vuuroffers van die HERE te offer nie. 'n Liggaamsgebrek is aan hom; hy mag nie nader kom om die spys van sy God te offer nie.
LEVITIKUS 21:21 Afrikaans 1983 (AFR83)
Geen persoon uit die priestergeslag mag dus in die heiligdom ingaan om te offer as hy 'n liggaamlike tekortkoming het nie. Hy mag nie 'n offer vir die Here sy God bring as hy 'n liggaamlike tekortkoming het nie.
LEVITIKUS 21:21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Niemand uit die nageslag van Aäron, die priester, aan wie daar 'n liggaamsgebrek is, mag nader kom om die offergawes vir die HERE aan te bied nie. Hy het 'n liggaamsgebrek, hy mag nie nader kom om voedsel aan sy God aan te bied nie.
LEVITIKUS 21:21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Niemand wat 'n gebrek het van die nageslag van die priester Aäron, mag nader kom om die vuuroffers van die HERE te bring nie; hy het 'n gebrek; hy sal nie nader kom om die brood van sy God te offer nie.