LEVITIKUS 21:14
LEVITIKUS 21:14 Bybel vir almal (ABA)
Hy mag nie trou met 'n weduwee of met 'n vrou wat geskei is van haar man nie. Hy mag nie trou met 'n vrou wat voorheen seks gehad het met 'n man of met 'n prostituut nie. Hy moet trou met 'n jongmeisie van sy eie volk
LEVITIKUS 21:14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
'n Weduwee of een wat verstoot is of 'n onteerde, of 'n hoer — hulle moet hy nie neem nie; maar 'n jongmeisie uit sy volksgenote moet hy as vrou neem
LEVITIKUS 21:14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Met 'n weduwee, 'n geskeide vrou, 'n vrou wat nie meer 'n maagd is nie, of met 'n prostituut, mag hy nie trou nie. Hy mag alleen met 'n maagd uit sy eie stam trou
LEVITIKUS 21:14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n Weduwee, 'n geskeide vrou, iemand wat nie meer 'n maagd is nie en 'n hoer, mag hy nie as vrou neem nie. Slegs 'n maagd uit sy eie mense mag hy as vrou neem.
LEVITIKUS 21:14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
'n Weduwee of 'n geskeide vrou of 'n onheilige of 'n hoer, dit mag hy nie neem nie; maar 'n maagd uit sy eie volk moet hy as vrou neem.