LEVITIKUS 19:26 - Compare All Versions

LEVITIKUS 19:26 ABA (Bybel vir almal)

“Julle mag nie vleis eet wat vol bloed is nie. Julle mag nie toor nie. Julle mag nie sê julle weet dinge wat ander mense nie kan weet nie.

LEVITIKUS 19:26 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Julle mag niks met bloed en al eet nie. Julle mag nie met verklaring van voortekens of goëlery omgaan nie.

LEVITIKUS 19:26 AFR83 (Afrikaans 1983)

“Julle mag nie aan heidense offermaaltye deelneem nie. Julle mag nie waarsêery en towery beoefen nie.

LEVITIKUS 19:26 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

“ ‘ Julle mag nie vleis eet met die bloed nog daarin nie. Julle mag nie voorspellings maak uit voortekens nie, en julle mag nie waarsêery beoefen nie.

LEVITIKUS 19:26 DB (Die Boodskap)

“Moenie deelneem aan seremonies waar daar bloed gedrink word nie. Moenie julle tyd mors met voorspellings en waarsêery nie.

LEVITIKUS 19:26 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

“Moet nooit vleis eet wat nie uitgebloei is nie. Moenie julle ophou met waarsêery of towery nie.