LEVITIKUS 19:19
LEVITIKUS 19:19 Bybel vir almal (ABA)
“Julle moet aanhou om te doen wat Ek vir julle sê. Julle mag nie verskillende soorte diere laat paar en kleintjies kry nie. Julle mag nie verskillende soorte saad in dieselfde land saai nie, julle mag nie klere dra wat julle gemaak het van verskillende soorte materiaal nie.
LEVITIKUS 19:19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Julle moet my insettinge hou. Twee soorte van jou vee mag jy nie laat paar nie. Jou akker moet jy nie met twee soorte saad besaai nie. En 'n kleed van twee soorte goed, van gemengde stof, mag nie op jou kom nie.
LEVITIKUS 19:19 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Julle moet my voorskrifte gehoorsaam. Moenie verskillende soorte diere kruis of verskillende soorte saad in een land saai of 'n kledingstuk van verskillende soorte materiaal dra nie.
LEVITIKUS 19:19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ ‘ My vaste voorskrifte moet julle nakom. Jy mag onder jou diere nie verskillende soorte laat paar nie. Op jou land mag jy nie verskillende soorte saad saai nie. Klere van verskillende soorte materiaal mag jy nie dra nie.
LEVITIKUS 19:19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Julle moet my insettinge onderhou. Jy mag jou vee nie aan verskillende soorte laat geslag nie; jy mag jou land nie met gemengde saad saai nie; en 'n kleed wat van linne en wol gemeng is, mag nie op jou kom nie.