LEVITIKUS 19:1-4 - Compare All Versions

LEVITIKUS 19:1-4 AFR83 (Afrikaans 1983)

Die Here het vir Moses gesê: “Praat met die hele gemeente Israel en sê vir hulle: Wees heilig, want Ek die Here julle God is heilig. Elkeen van julle moet eerbied hê vir sy ma en sy pa. Julle moet my gebooie oor die sabbat gehoorsaam. Ek is die Here julle God. Julle mag nie afgode dien nie en julle mag nie vir julle afgodsbeelde maak nie. Ek is die Here julle God.

LEVITIKUS 19:1-4 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

VERDER het die HERE met Moses gespreek en gesê: Spreek met die hele vergadering van die kinders van Israel en sê vir hulle: Heilig moet julle wees, want Ek, die HERE julle God, is heilig. Elkeen moet sy moeder en sy vader vrees, en my sabbatte hou. Ek is die HERE julle God. Begeef julle nie tot die afgode en maak vir julle geen gegote gode nie. Ek is die HERE julle God.

LEVITIKUS 19:1-4 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Die HERE het vir Moses gesê: “Sê vir die hele gemeenskap van Israel: Julle moet heilig wees, want Ek, die HERE julle God, is heilig. Elkeen van julle moet respek hê vir julle ma en pa. Julle moet ook my Sabbatdae van rus nakom, want Ek, die HERE, is julle God. Moenie op afgode vertrou of vir julleself gode van metaal maak nie. Ek, die HERE, is julle God.

LEVITIKUS 19:1-4 DB (Die Boodskap)

Die Here het verder vir Moses beveel om vir die hele Israel te sê: “Julle moet net vir My lewe. Ek, die Here julle God, is die enigste God wat daar is. Elkeen moet vir sy ma en sy pa respek hê. Omdat Ek, die Here, julle God is, moet julle rus op die dae wat Ek daarvoor eenkant gesit het. Moenie agter afgodjies aanhardloop nie. Moenie vir julleself afgode maak nie, want Ek, die Here, is mos alreeds julle God.

LEVITIKUS 19:1-4 ABA (Bybel vir almal)

Die Here het vir Moses gesê: “Jy moet vir die hele volksvergadering van die Israeliete sê: Julle moet julleself aan My wy, want Ek, julle God die Here, is heilig. “Elke persoon moet sy ouers respekteer en julle moet my Sabbatdae vier. Ek is julle God die Here. Julle moenie afgode begin dien nie en julle moenie vir julle beelde maak van gode nie. Ek is julle God die Here.

LEVITIKUS 19:1-4 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Die HERE het met Moses gepraat en gesê: “Praat met die hele volksvergadering van die Israeliete en sê vir hulle, ‘Julle moet heilig wees, want Ek, die HERE julle God, is heilig. Elkeen van julle moet vir sy moeder en vader ontsag hê, en my Sabbatte moet julle onderhou. Ek is die HERE julle God. Moet julle nie tot nikswerd afgode wend nie. Gegote beelde mag julle nie vir julle maak nie. Ek, die HERE, is julle God.

LEVITIKUS 19:1-4 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En die HERE het met Moses gespreek en gesê: Spreek met die hele vergadering van die kinders van Israel en sê vir hulle: Heilig moet julle wees, want Ek, die HERE julle God, is heilig. Julle moet elkeen sy moeder en sy vader vrees en my sabbatte hou: Ek is die HERE julle God. Bekeer julle nie tot afgode nie en maak nie vir julle gegote gode nie: Ek is die HERE julle God.