LEVITIKUS 17:15
LEVITIKUS 17:15 Bybel vir almal (ABA)
Elke Israeliet of vreemdeling wat 'n dier eet wat self gevrek het of iemand wat iets eet wat dood is toe 'n wilde dier dit gevang het, hy moet sy klere was en hy moet homself bad. Hy is onrein tot die aand toe, daarna is hy rein.
LEVITIKUS 17:15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En elkeen wat aas eet of iets wat verskeur is, 'n kind van die land sowel as 'n vreemdeling, moet sy klere was en 'n bad neem, en hy bly tot die aand toe onrein. Dan sal hy rein wees.
LEVITIKUS 17:15 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Enige persoon onder julle, of hy nou 'n gebore Israeliet is of 'n vreemdeling, wat 'n dier eet wat gevrek het of deur roofdiere verskeur is, moet sy klere en homself was. Hy sal die res van die dag onrein wees.
LEVITIKUS 17:15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Enigiemand onder die gebore Israeliete en die vreemdelinge wat iets eet wat doodgegaan het of verskeur is, moet sy klere was en homself met water afspoel. Hy sal •onrein wees tot die aand. Dan is hy rein.
LEVITIKUS 17:15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En elke siel wat eet wat vanself gevrek is of wat verskeur is van vee, of dit een van jou land of 'n vreemdeling is, hy moet sy klere was en hom in water bad en onrein wees totdat die dan sal hy rein wees.
LEVITIKUS 17:15 Die Boodskap (DB)
“Enige inwoner of buitelander wat ’n dier eet wat vanself gevrek het of doodgebyt is, moet sy klere en homself gaan was. Eers aan die einde van die dag sal hy weer aanvaarbaar wees.
LEVITIKUS 17:15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Hierdie gebod is van toepassing op die Israeliete en op die vreemdelinge wat onder julle woon. As jy eet van die karkas van ’n dier wat gevrek het of deur wilde diere doodgemaak is, moet jy jou klere was en in water bad. Jy sal tot die aand toe onrein wees, maar daarna sal jy rein wees.