LEVITIKUS 16:29
LEVITIKUS 16:29 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet altyd dit doen: Julle moenie eet of werk op die tiende dag van die sewende maand nie, die Israeliete moenie werk nie en ook nie die vreemdelinge wat by julle woon nie.
LEVITIKUS 16:29 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En dit moet vir julle 'n ewige insetting wees: in die sewende maand, op die tiende van die maand, moet julle jul verootmoedig en géén werk doen nie — die kind van die land sowel as die vreemdeling wat onder julle vertoef.
LEVITIKUS 16:29 Afrikaans 1983 (AFR83)
Julle moet dit as 'n vaste instelling handhaaf dat julle almal, die gebore Israeliete en die vreemdelinge wat by julle woon, moet vas en alle werk moet staak op die tiende dag van die sewende maand
LEVITIKUS 16:29 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ Dit is 'n voorskrif wat altyd vir julle geld: Die tiende dag van die sewende maand moet julle julle verootmoedig en nie julle daaglikse werk doen nie, die gebore Israeliete sowel as die •vreemdelinge wat tussen julle woon.
LEVITIKUS 16:29 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En dit moet vir julle 'n ewige insetting wees: dat julle in die sewende maand, op die tiende dag van die maand, julle siele moet verdruk en geen werk doen nie, of dit een van julle land of 'n vreemdeling is en wat onder julle vertoef
LEVITIKUS 16:29 Die Boodskap (DB)
“Julle moet elke jaar op die tiende dag van die sewende maand ’n dag hê waarop julle niks eet nie. Julle moet op daardie dag julle gedagtes laat gaan oor al die dinge wat julle verkeerd gedoen het. Niemand van julle, selfs ook mense wat van ander plekke kom en by julle bly, mag op daardie dag werk nie.