LEVITIKUS 16:2
LEVITIKUS 16:2 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het vir Moses gesê: “Jy moet vir jou broer Aäron sê hy mag nie sommer enige tyd kom in die gewyde kamer agter die gordyn nie. Die kis van die Here is daar en die deksel is op die kis. Hy sal sterf as hy dit doen, want Ek verskyn in 'n wolk bokant die deksel.
LEVITIKUS 16:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en die HERE het aan Moses gesê: Spreek met jou broer Aäron dat hy nie te eniger tyd moet ingaan in die heiligdom nie, binnekant die voorhangsel, voor die versoendeksel wat op die ark is, sodat hy nie sterwe nie; want Ek verskyn in die wolk op die versoendeksel.
LEVITIKUS 16:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy het vir Moses gesê: “Sê vir jou broer Aäron hy mag nooit sommer in die heiligdom agter die voorhangsel ingaan na die deksel van die verbondsark toe nie. Ek verskyn telkens in 'n wolk bokant die deksel van die ark en as Aäron sommer ingaan, sal hy sterwe.
LEVITIKUS 16:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die HERE het vir Moses gesê: “Praat met jou broer, Aäron. Hy mag nie enige tyd in die heiligdom agter die voorhangsel voor die versoendeksel ingaan wat op die ark is nie, sodat hy nie sterf nie, want Ek verskyn in die wolk bo die versoendeksel.
LEVITIKUS 16:2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê die HERE vir Moses: Sê met jou broer Aäron dat hy nie altyd in die heiligdom kom, binne-in die voorhangsel, voor die versoendeksel wat op die ark is nie; dat hy nie sterwe nie, want Ek sal in die wolk op die versoendeksel verskyn.
LEVITIKUS 16:2 Die Boodskap (DB)
Hy het vir Moses gesê: “Jy moet jou broer Aäron waarsku om nie sommer enige tyd daar agter die gordyn in te gaan wat voor die ark hang nie. Hy sal doodgaan. Ek is daar in ’n wolk wat bo die deksel hang.
LEVITIKUS 16:2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die HERE het vir Moses gesê: “Waarsku jou broer Aäron om nie sommer wanneer hy wil by die Allerheiligste plek agter die voorhangsel in te gaan nie. Die straf hiervoor is die dood. Die deksel van die ark wat die plek van versoening is, is daar en Ek is daar in ’n wolk bo die deksel van die ark.