LEVITIKUS 14:9 - Compare All Versions

LEVITIKUS 14:9 ABA (Bybel vir almal)

Op die sewende dag moet hy weer skeer. Hy moet al sy hare afskeer, sy hare, sy baard en sy ooghare, en hy moet sy klere en homself was. Dan is hy rein en dan mag hy in sy tent ingaan.

LEVITIKUS 14:9 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En op die sewende dag moet hy al sy hare afskeer, sy hoof en sy baard en sy winkbroue — al sy hare moet hy afskeer; en hy moet sy klere was en sy liggaam in die water bad. Dan sal hy rein wees.

LEVITIKUS 14:9 AFR83 (Afrikaans 1983)

“Op die sewende dag moet hy al sy hare afskeer. Hy moet sy hare, sy baard, sy wenkbroue en al sy liggaamshare afskeer. As hy dan sy klere gewas en hom gebad het, is hy rein en mag hy in sy tent ingaan.

LEVITIKUS 14:9 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Op die sewende dag moet hy weer al sy hare afskeer – sy kop, sy baard en sy wenkbroue. Ja, hy moet al sy hare afskeer. Hy moet sy klere was en sy lyf met water afspoel. Hy is dan rein.

LEVITIKUS 14:9 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Maar op die sewende dag moet hy al sy hare van sy hoof en sy baard en sy wenkbroue afskeer, ja, al sy hare moet hy afskeer; en hy moet sy klere was, ook moet hy sy vlees in water was, en hy sal rein wees.

LEVITIKUS 14:9 DB (Die Boodskap)

Op die sewende dag moet hy weer al sy hare afskeer. Hy moet al die hare op sy kop, sy baard, sy wenkbroue en al die hare op sy lyf alles afskeer. Hy moet dan weer sy klere en homself gaan was. Daarna kan hy weer tussen die ander mense woon.

LEVITIKUS 14:9 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Op die sewende dag moet hulle weer al hulle hare afsny, insluitende die baard en wenkbroue. Dan moet hulle hulle klere was en ook in water bad. Dan sal hulle rein verklaar word.