LEVITIKUS 14:48
LEVITIKUS 14:48 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar as die priester kom en sien dat die plaag nie in die huis versprei het nadat die huis gepleister is nie, dan moet die priester die huis rein verklaar, want die aangetaste plek het gesond geword.
LEVITIKUS 14:48 Die Boodskap (DB)
“As die Here se dienaar weer kom inspeksie doen nadat die huis opnuut uitgepleister is, en hy sien dat daar nie meer mufkolle is nie, moet hy die mense toelaat om terug te trek in die huis in.
LEVITIKUS 14:48 Bybel vir almal (ABA)
Nadat hulle die huis reggemaak het, moet die priester kom kyk. As hy sien die swam het nie weer teen die huis se muur gegroei nie, moet die priester sê die huis is rein, want die swam is weg.
LEVITIKUS 14:48 Afrikaans 1983 (AFR83)
“As die priester egter vind dat die swamme nie weer gegroei het nadat die huis oorgepleister is nie, moet hy dit rein verklaar aangesien daar nie meer swamme is nie.
LEVITIKUS 14:48 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“As die priester egter in die huis ingaan en dit ondersoek en vind dat die skimmelplaag, nadat die huis gepleister is, nie versprei het nie, moet hy die huis rein verklaar omdat die skimmelplaag opgeklaar het.