LEVITIKUS 14:40
LEVITIKUS 14:40 Bybel vir almal (ABA)
dan moet die priester sê hulle moet die klippe waarop die swam is, uithaal en hulle moet dit weggooi op 'n onrein plek buite die stad.
LEVITIKUS 14:40 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
dan moet die priester bevel gee dat hulle die klippe uitbreek waaraan die plaag is, en dit buitekant die stad op 'n onrein plek gooi.
LEVITIKUS 14:40 Afrikaans 1983 (AFR83)
moet die klippe waaraan die swamme is, uitgebreek word op bevel van die priester en buite die dorp op 'n onrein plek weggegooi word.
LEVITIKUS 14:40 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
moet die priester opdrag gee dat die klippe waarop die skimmelplaag is, verwyder en buite die stad op 'n onrein plek weggegooi word.
LEVITIKUS 14:40 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Dan moet die priester bevel gee dat hulle die klippe waarin die plaag is, wegneem, en hulle moet dit op 'n onrein plek buite die stad gooi.