LEVITIKUS 14:22
LEVITIKUS 14:22 Bybel vir almal (ABA)
en twee tortelduiwe of twee makduiwe bring as hy dit kan koop. Een duif is vir 'n sonde-offer en een duif is vir 'n brand-offer.
LEVITIKUS 14:22 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
ook twee tortelduiwe of twee jong duiwe — wat hy kan bekostig; en die een sal wees 'n sondoffer en die ander 'n brandoffer.
LEVITIKUS 14:22 Afrikaans 1983 (AFR83)
Verder moet hy twee tortelduiwe of twee ander duiwe gebruik, een vir die sondeoffer en een vir die brandoffer.
LEVITIKUS 14:22 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
en twee tortelduiwe of twee jong duiwe – wat hy ook al kan bekostig – een as reinigingsoffer en die ander as brandoffer.
LEVITIKUS 14:22 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
en twee tortelduiwe of twee jong duiwe soos hy kan kry; en die een moet 'n sondoffer wees en die ander 'n brandoffer.