LEVITIKUS 13:45-46
LEVITIKUS 13:45-46 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Mense wat aan enige aansteeklike velsiekte ly, moet hulle klere skeur en hulle hare laat los hang. Soos wat hulle van plek tot plek gaan, moet hulle hulle monde bedek en uitroep: ‘Onrein! Onrein!’ So lank as wat die siekte aanhou, is hulle onrein en moet hulle buite die kamp in afsondering leef.”
LEVITIKUS 13:45-46 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Iemand wat 'n velsiekte het wat hom onrein maak, moet geskeurde klere dra en sy hare onversorg laat. Hy moet ook die onderste deel van sy gesig bedek en uitroep: ‘Onrein! Onrein!’ Hy bly onrein solank hy die siekte het. Hy moet dan ook in afsondering lewe en buite die kampplek bly.”
LEVITIKUS 13:45-46 Bybel vir almal (ABA)
“Iemand wat melaats is, moet sy klere skeur en hy moet sy hare los laat hang. Hy moet sy snor en sy baard toe hou en hy moet skree: ‘Ek is onrein! Ek is onrein!’ Hy is onrein so lank soos hy die seerplek het. Hy moet alleen woon, buite die kamp.”
LEVITIKUS 13:45-46 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Verder moet in die klere van die melaatse op wie die plaag is, skeure wees, en sy hare moet los hang; ook moet hy sy baard bedek en roep: Onrein, onrein! Al die tyd dat die plaag op hom is, sal hy onrein wees. Onrein is hy; alleen moet hy woon; buitekant die laer moet sy woning wees.
LEVITIKUS 13:45-46 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Iemand wat 'n velsiekte het wat hom onrein maak, moet geskeurde klere dra en sy hare onversorg laat. Hy moet ook die onderste deel van sy gesig bedek en uitroep: ‘Onrein! Onrein!’ Hy bly onrein solank hy die siekte het. Hy moet dan ook in afsondering lewe en buite die kampplek bly.”
LEVITIKUS 13:45-46 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Iemand wat velsiekte êrens aan hom het, se klere moet geskeur wees, sy hare moet los hang en hy moet sy snor bedek. ‘Onrein! Onrein!’ moet hy uitroep. So lank as wat hy die velaandoening het, sal hy onrein wees; hy is onrein. Hy moet eenkant woon. Sy blyplek moet buite die kamp wees.”
LEVITIKUS 13:45-46 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die melaatse op wie die plaag is, sy klere moet skeur en sy hoof bloot, en hy moet 'n bedekking op sy bolip sit en roep: Onrein, onrein. Al die dae waarin die plaag in hom is, sal hy verontreinig word; hy is onrein; hy sal alleen woon; buitekant die laer sal sy woning wees.
LEVITIKUS 13:45-46 Die Boodskap (DB)
Die persoon wat met die velsiekte aangetas is, moet stukkende klere dra en nie sy hare kam of was nie. Hy moet die onderkant van sy gesig met iets toemaak en uitroep: ‘Ek mag nie by ander mense bly nie, ek mag nie in aanraking kom met ander mense nie!’ So lank as wat hy die velsiekte het, moet hy eenkant gaan bly. Hy moet alleen buitekant die kamp in sy eie blyplek bly.”