LEVITIKUS 10:1-3
LEVITIKUS 10:1-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN die seuns van Aäron, Nadab en Abíhu, het elkeen sy vuurpan geneem en vuur daarin gegooi en reukwerk daarop gesit en vreemde vuur voor die aangesig van die HERE gebring, wat Hy hulle nie beveel het nie. Daarop het daar vuur van die aangesig van die HERE uitgegaan en hulle verteer, en hulle het gesterwe voor die aangesig van die HERE. Toe sê Moses vir Aäron: Dit is dit wat die HERE gespreek het deur te sê: In die wat naby My is, wil Ek My as die Heilige laat ken, en voor die oë van die hele volk wil Ek My verheerlik. Maar Aäron het stilgebly.
LEVITIKUS 10:1-3 Bybel vir almal (ABA)
Aäron se seuns Nadab en Abihu het hulle wierook-panne geneem. Elkeen het sy wierook-pan vol vuurkole gemaak en hy het wierook bo-op gesit, en toe het hulle dit na die altaar gebring. Maar die Here het nie gesê hulle moet daardie vuur gebruik nie. Daar het toe vuur van die altaar gekom en dit het die twee seuns van Aäron verbrand. Hulle het daar voor die Here gesterf. Moses het vir Aäron gesê: “Dit is wat die woorde van die Here beteken het toe hy gesê het: “Die mense wat vir My offers bring, moet weet dat Ek 'n heilige God is, die hele volk moet sien dat Ek die Koning is.” Aäron het stilgebly.
LEVITIKUS 10:1-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN die seuns van Aäron, Nadab en Abíhu, het elkeen sy vuurpan geneem en vuur daarin gegooi en reukwerk daarop gesit en vreemde vuur voor die aangesig van die HERE gebring, wat Hy hulle nie beveel het nie. Daarop het daar vuur van die aangesig van die HERE uitgegaan en hulle verteer, en hulle het gesterwe voor die aangesig van die HERE. Toe sê Moses vir Aäron: Dit is dit wat die HERE gespreek het deur te sê: In die wat naby My is, wil Ek My as die Heilige laat ken, en voor die oë van die hele volk wil Ek My verheerlik. Maar Aäron het stilgebly.
LEVITIKUS 10:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Nadab en Abihu, seuns van Aäron, het elkeen sy vuurpan gevat en gloeiende kole daarin gesit. Hulle het wierook daaroor gegooi en dit vir die Here aangebied. Dit was egter ongeoorloofde vuur omdat dit teen die bevel van die Here was. 'n Vuur wat van die Here af gekom het, het hulle verteer, en hulle het gesterf in die teenwoordigheid van die Here. Toe sê Moses vir Aäron: “Die Here het gesê: Wie 'n offer vir My bring, moet besef dat Ek heilig is; sy ontsag vir My moet vir die hele volk duidelik wees.” Aäron was sprakeloos.
LEVITIKUS 10:1-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Nadab en Abihu, die seuns van Aäron, het elkeen sy vuurpan gevat, gloeiende kole daarin gesit en reukwerk daarop gegooi. Toe het hulle hierdie ongeoorloofde vuur voor die HERE nadergebring – wat nie volgens sy bevel was nie. Vuur het van voor die HERE uitgegaan en hulle verteer, sodat hulle daar voor die HERE gesterf het. Toe sê Moses vir Aäron: “Dit is wat die HERE bedoel het toe Hy gesê het, “ ‘Deur diegene wat naby My is, moet Ek as heilig erken word; ten aanskoue van die hele volk moet Ek geëer word.’ ” Aäron het net geswyg.
LEVITIKUS 10:1-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Nadab en Abíhu, die seuns van Aäron, het een van hulle sy wierookpan geneem en vuur daarin gegooi en reukwerk daarop gesit en vreemde vuur voor die aangesig van die HERE gebring, wat Hy hulle nie beveel het nie. En daar het vuur van die HERE uitgegaan en hulle verteer, en hulle het gesterwe voor die aangesig van die HERE. Toe sê Moses vir Aäron: Dit is dit wat die HERE gespreek het deur te sê: Ek sal geheilig word in die wat naby My kom, en voor die hele volk sal Ek verheerlik word. En Aäron het stilgebly.
LEVITIKUS 10:1-3 Die Boodskap (DB)
Aäron se twee seuns, Nadab en Abihu, het elkeen ’n houer gevat waarin vuur rondgedra word en warm kole daarin gesit. Hulle het geurige wierook wat fyngemaal was, oor die kole gestrooi en dit toe vir die Here geoffer. Dit was egter ’n offer wat in die vuur verbrand word wat nie volgens die aanwysings was wat die Here vir hulle voorgeskryf het nie. Daar het toe ’n vuur van die Here self af gekom en hulle daar voor die Here doodgebrand. Moses sê toe vir Aäron: “Dit is wat die Here bedoel het toe Hy gesê het: Hulle wat vir My offer, moet onthou hoe geweldig groot Ek is. Die hele volk moet My met groot respek behandel.” Aäron het nie daarop geantwoord nie.
LEVITIKUS 10:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Aäron se seuns Nadab en Abihu het gloeiende kole in hulle vuurpanne gesit en wierook daaroor gesprinkel. Op dié manier was hulle ongehoorsaam aan die HERE omdat hulle ’n ander soort vuur voor Hom gebrand het as wat die HERE beveel het. Vuur het van die HERE afgekom en hulle verbrand en hulle is daar voor die HERE dood. Moses sê toe vir Aäron: “Dit is wat die HERE bedoel het toe Hy gesê het: Wie tot My nader, moet besef Ek is heilig. Ek word geëer voor die hele volk.” Aäron het net stilgebly.