KLAAGLIEDERE 4:4
KLAAGLIEDERE 4:4 Bybel vir almal (ABA)
Die babatjies is baie dors, hulle tonge sit vas bo in hulle monde. Hulle vra kos, maar daar is niemand wat vir hulle iets gee nie.
KLAAGLIEDERE 4:4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Dalet. Die tong van die suigling kleef aan sy verhemelte van dors, kindertjies vra brood, niemand breek dit vir hulle nie.
KLAAGLIEDERE 4:4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die suigelinge se tonge sit aan hulle verhemeltes vas van die dors; kindertjies smeek om brood maar niemand gee vir hulle iets nie.
KLAAGLIEDERE 4:4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Van dors kleef die tong van die suigeling aan sy verhemelte vas; kinders bedel brood, maar niemand breek dit vir hulle nie.
KLAAGLIEDERE 4:4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die tong van die suigling kleef aan sy verhemelte van dors; die kindertjies vra brood, en niemand breek dit vir hulle nie.