KLAAGLIEDERE 3:3-6 - Compare All Versions

KLAAGLIEDERE 3:3-6 ABA (Bybel vir almal)

Dit is net vir my wat Hy aanhou slaan, elke dag. Hy het my vleis en my vel heeltemal droog laat word en Hy het die bene in my liggaam gebreek. Hy het 'n muur om my gebou, Hy het my lewe bitter gemaak, Hy het my laat swaarkry. Hy het my laat woon in die donker, soos mense wat lank gelede dood is.

KLAAGLIEDERE 3:3-6 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Ja, altyd weer draai Hy die hele dag sy hand teen my. Bet. Hy het my vlees en my vel laat wegteer, my gebeente verbreek. Hy het my met 'n bouwerk omsingel van gif en moeite. Hy het my in donker plekke laat sit soos die wat lankal dood is.

KLAAGLIEDERE 3:3-6 AFR83 (Afrikaans 1983)

Vir my stoot Hy gedurig weg, dag na dag. Hy het my hele liggaam laat wegteer, my bene gebreek. Hy het my toegebou met 'n muur van gif en ontbering rondom my. Hy maak die donker my tuiste, ek is soos dié wat lankal dood is.

KLAAGLIEDERE 3:3-6 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Ja, Hy het sy hand teen my gelig, telkens weer, die hele dag. Hy het my vleis en vel verteer, my bene gebreek. Hy het my beleër, my omring met bitterheid en moeite. Hy het my in donker plekke laat bly soos dié wat lankal dood is.

KLAAGLIEDERE 3:3-6 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Waarlik, hy het hom teen my gedraai; hy draai die hele dag sy hand teen my. My vlees en my vel het Hy verouder; hy het my gebeente gebreek. Hy het teen my gebou en my omsingel met gal en moeite. Hy het my in donker plekke gestel soos die wat van ouds af dood is.

KLAAGLIEDERE 3:3-6 DB (Die Boodskap)

Hy het nie opgehou om my te slaan nie. Hy het my skouers laat hang en my knieë laat knak. Hy het my met swaarkry en lyding in ’n hoek vasgedruk. Hy laat my voel asof ek wil doodgaan. Dis of ek al klaar dood is.

KLAAGLIEDERE 3:3-6 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Hy het teen my gedraai. Sy hand is dag en nag teen my. Hy het my laat uitteer. Ek het net vel en been geword. Hy het die gebeente van my liggaam gebreek. Hy het my omsingel en my met swaarkry en lyding omring. In ’n donker plek het Hy my gaan wegsit soos iemand wat lankal dood is.