KLAAGLIEDERE 2:6
KLAAGLIEDERE 2:6 Bybel vir almal (ABA)
Hy het sy tempel, sy woonplek, plat getrap soos mense 'n tuin plat trap. Hy het die plek verwoes waar Hy aan sy volk verskyn het. Hy het mense laat vergeet dat die mense van Sion feeste en Sabbatdae gevier het. Hy was kwaad, Hy het die koning en die priesters verneder.
KLAAGLIEDERE 2:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Wau. En Hy het sy eie omheining soos 'n tuin verniel, sy eie feesplek verwoes; die HERE het in Sion feestyd en sabbat laat vergeet, en in sy grimmige toorn koning en priester verwerp.
KLAAGLIEDERE 2:6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy het sy eie woning verniel asof dit 'n skerm in 'n tuin is, Hy het die plek van ontmoeting vernietig; die Here het in Sion feestyd en sabbat laat ophou; in sy groot toorn het Hy koning en priester verwerp.
KLAAGLIEDERE 2:6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy het sy woonplek afgebreek soos 'n skuiling in 'n tuin; sy ontmoetingsplek het Hy vernietig. Die HERE het fees en Sabbat in Sion vergete laat raak; in die toorn van sy verontwaardiging het Hy koning en priester geminag.
KLAAGLIEDERE 2:6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy het sy tabernakel met geweld weggeneem asof dit uit 'n tuin was; hy het sy plekke van die samekoms verwoes; die HERE het die feestye en sabbatte in Sion laat vergeet, en Hy het verag in die grimmigheid van sy toorn die koning en die priester.
KLAAGLIEDERE 2:6 Die Boodskap (DB)
Hy het sy tempel waar almal bymekaargekom het, met geweld verwoes. Hy het dit afgebreek asof dit net ’n tydelike afdak was. Die Here het dit laat ophou dat ons vir Hom bymekaarkom en sy feeste en rusdae hou. Hy was so kwaad dat Hy sommer die koning en sy werkers by die tempel in die pad gesteek het.