KLAAGLIEDERE 2:20
KLAAGLIEDERE 2:20 Bybel vir almal (ABA)
Here, U moet kyk, U moet sien aan wie U dit gedoen het. Wil U hê vroue moet hulle eie kinders eet? Moet die vyande die priesters en die profete vermoor in die tempel?
KLAAGLIEDERE 2:20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Resj. Aanskou, HERE, en merk op aan wie U so gedoen het! Moet vroue dan hulle vrug eet, kindertjies wat op die hande gedra word? Moet dan in die heiligdom van die HERE priester en profeet gedood word?
KLAAGLIEDERE 2:20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Kyk tog, Here, let tog op aan wie U dit gedoen het: vrouens eet hulle eie kinders, kinders wat in teerheid versorg is; priesters en profete word doodgemaak in die heiligdom van die Here!
KLAAGLIEDERE 2:20 Die Boodskap (DB)
Kyk ’n bietjie, Here, wie kry die swaarste onder dit wat U met ons laat gebeur het. Moet vroue dan die kinders eet wat hulle self in die wêreld gebring het? Moet die priesters dan daar waar hulle vir die Here by sy tempel werk, doodgemaak word? Moet die profete wat God se boodskap oordra, dan daar doodgaan?