KLAAGLIEDERE 2:14
KLAAGLIEDERE 2:14 Bybel vir almal (ABA)
Jou profete het gesê die Here het vir hulle dinge gewys, maar hulle het gelieg, hulle het jou bedrieg. Hulle het nie oor jou sonde gepraat sodat jy kon verander en lewe soos God wil hê en sodat dit dan met jou beter kon gaan nie. Hulle het gesê die Here het vir hulle dinge gesê, maar dit was leuens, hulle het jou bedrieg.
KLAAGLIEDERE 2:14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Noen. Jou profete het vir jou bedrieglike en ongerymde dinge gesien en jou ongeregtigheid nie geopenbaar om jou lot te verander nie, maar hulle het vir jou godsprake gesien tot bedrog en verstoting.
KLAAGLIEDERE 2:14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die visioene van jou profete was vals en misleidend: hulle het nie jou sondes blootgelê sodat jou ballingskap afgeweer kon word nie; die openbaringe wat hulle vir jou gegee het, was vals en het tot jou verwerping gelei.
KLAAGLIEDERE 2:14 Die Boodskap (DB)
Hulle wat vir julle moes sê wat God hulle laat sien het, het vir julle gelieg en julle bedrieg. Hulle moes vir julle gesê het wat julle verkeerd doen om te keer dat julle uit julle land uit weggevat word. Wat hulle vir julle vertel het wat hulle gesien het, was ’n klomp leuens.