KLAAGLIEDERE 1:4
KLAAGLIEDERE 1:4 Bybel vir almal (ABA)
Daar is niemand op die paaie na Sion nie, niemand kom om daar fees te vier nie, daar is nie mense in die poorte nie. Die priesters kla en sug, die jongmeisies huil en treur, dit gaan sleg met almal in die stad.
KLAAGLIEDERE 1:4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Dalet. Die weë na Sion treur, omdat daar geen feesgangers is nie; al haar poorte lê woes, haar priesters sug, haar jonkvroue is bedroef, en sy self het dit bitter.
KLAAGLIEDERE 1:4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die paaie na Sion toe treur omdat daar geen feesgangers is nie; al haar poorte is verlate, haar priesters sug, haar jong vroue is bedroef, sy het dit bitter.
KLAAGLIEDERE 1:4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die paaie na Sion treur, want niemand reis na haar feeste toe nie; al haar poorte is verlate, haar priesters sug. Haar jong meisies is bedroef, en self het sy dit bitter.
KLAAGLIEDERE 1:4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die weë van Sion treur, want niemand kom na die feestye nie; al sy poorte is woes; haar priesters sug, haar maagde is ellendig, en sy is in bitterheid.