JUDAS 1:23 - Compare All Versions
JUDAS 1:23 ABA (Bybel vir almal)
Julle moet ander mense red voordat God hulle oordeel, julle moet hulle red soos 'n mens iemand red uit 'n vuur. Julle moet goed wees vir ander mense, maar julle moet versigtig wees en julle moet die dinge haat wat die sondaars doen. Julle moet ook hulle klere haat, hulle klere is heeltemal vuil van die sonde wat hulle doen.
JUDAS 1:23 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
maar ander moet julle met vrees red deur hulle uit die vuur te ruk; en ook die kleed moet julle haat wat deur sonde bevlek is.
JUDAS 1:23 AFR83 (Afrikaans 1983)
Ander moet julle red deur hulle uit die vuur te ruk. Oor ander moet julle julle met versigtigheid ontferm; en verafsku selfs die klere wat deur hulle sondige luste besmet is.
JUDAS 1:23 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
maar red ander deur hulle uit die vuur te ruk. Oor nog ander moet julle julle met eerbied ontferm, terwyl julle selfs die onderkleed verafsku wat deur die liggaam besoedel is.
JUDAS 1:23 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En ander red met vrees deur hulle uit die vuur te ruk; haat selfs die kleed wat deur die vlees bevlek is.
JUDAS 1:23 DB (Die Boodskap)
Diegene wat op sleeptou geneem word deur hierdie mense se doen en late moet julle uit die vuur ruk voordat dit te laat is. En aan ander mense wat verkeerd doen, moet julle die nodige liefde bewys. Doen dit versigtig, maar hou aan, ook al verdien hulle dit nie. Julle moet egter niks te doen hê met al die verskriklike dinge wat hulle aanvang nie.
JUDAS 1:23 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Red ander deur hulle uit die vuur te ruk. Aan nog ander moet julle ontferming betoon, maar wees uiters versigtig dat julle nie ook deur hulle sondige luste besmet word nie, ja, verafsku dit.