JOSUA 8:13
JOSUA 8:13 Die Boodskap (DB)
So is die hoofkamp noord van die stad opgeslaan met die soldate wat die hinderlaag sou lê aan die westekant. Josua het die nag in die laagte deurgebring.
JOSUA 8:13 Bybel vir almal (ABA)
Josua en die leiers het gesê die manne moet op hulle plekke wees. Die groot kamp was noord van die stad en die ander manne was wes van die stad. Josua het daardie nag deur die vallei geloop.
JOSUA 8:13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En hulle het die manskappe opgestel, die hele leër wat noordelik van die stad was, met sy agterhoede aan die westekant van die stad, maar Josua het dieselfde nag die laagte ingetrek.
JOSUA 8:13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die manskappe het die hele kamp wat noord van die stad moes wees, opgeslaan, maar die ander deel was wes van die stad. Josua het dié nag afgegaan na die laagte toe.
JOSUA 8:13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hulle het dus die manskappe só opgestel: die hoofmag aan die noordekant van die stad, en die agterhoede aan die westekant van die stad. Josua het daardie nag na die middel van die vallei beweeg.