JOSUA 8:10
JOSUA 8:10 Bybel vir almal (ABA)
Hy het vroeg opgestaan en hy het die manne laat gereedmaak. Hy en die leiers van die Israeliete het voor die manne na Ai geloop.
JOSUA 8:10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die môre vroeg het Josua hom klaargemaak en die manskappe gemonster en opgetrek met die oudstes van Israel, op die voorpunt van die manskappe, na Ai toe.
JOSUA 8:10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Vroeg die môre is Josua uit. Hy het sy manskappe in gelid opgestel en hy en die leiers van Israel het die manskappe na Ai toe gelei.
JOSUA 8:10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Josua het vroeg die môre opgestaan en die manskappe gemonster. Hy het opgetrek na Ai, hy en die oudstes van Israel aan die voorpunt van die manskappe.
JOSUA 8:10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Josua het die môre vroeg klaargemaak en die volk getel en opgetrek, hy en die oudstes van Israel, voor die volk uit na Ai.