JOSUA 24:17
JOSUA 24:17 Bybel vir almal (ABA)
want die Here is ons God. Dit is Hý wat ons en ons voorvaders uit Egipte gebring het, Hy het ons gebring uit die plek waar ons slawe was. Ons het die groot wonderwerke gesien wat Hy gedoen het. Hy het ons beskerm op die hele pad waar ons geloop het, Hy het ons beskerm teen die volke van al die lande waar ons gegaan het.
JOSUA 24:17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
want die HERE onse God, dit is Hy wat ons en ons vaders uit Egipteland uit die slawehuis laat optrek het, en wat voor ons oë hierdie groot tekens gedoen het en ons bewaar het op die hele pad wat ons gegaan en onder al die volke waar ons dwarsdeur getrek het
JOSUA 24:17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dit is die Here ons God wat ons en ons voorvaders uit Egipte, die plek van slawerny, gebring het. Hy het daardie groot wonders voor ons oë gedoen en Hy het ons beskerm op die hele pad wat ons gekom het en teen al die volke deur wie se gebiede ons getrek het.
JOSUA 24:17 Die Boodskap (DB)
Die Here ons God het ons en ons voorouers van al die swaarkry daar in Egipte bevry. Ons het al die magtige wonders wat Hy gedoen het, met ons eie oë gesien. Die Here het ons beskerm, maak nie saak waar ons was of met watter mense ons te doen gekry het nie.