JOSUA 20:6
JOSUA 20:6 Bybel vir almal (ABA)
Maar hy moet in daardie stad bly totdat die volksvergadering kan besluit of hy skuldig is of nie. As hy nie skuldig is nie, dan moet hy daar bly totdat die hoëpriester van daardie tyd gesterf het. Daarna mag hy teruggaan na sy eie stad, na sy huis in die stad waar hy gewoon het voordat hy gevlug het.”
JOSUA 20:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en hy moet in daardie stad bly totdat hy voor die vergadering tereggestaan het, tot op die dood van die hoëpriester wat in dié dae daar sal wees; dan mag hy wat die doodslag begaan het, weer na sy stad en sy huis terugkeer, na die stad waar hy vandaan gevlug het.
JOSUA 20:6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die vlugteling moet in die stad bly totdat hy voor die bevoegde vergadering tereggestaan het en totdat die hoëpriester van dié tyd dood is. Eers dan mag die persoon wat die dood veroorsaak het, vry teruggaan huis toe na die stad waar hy vandaan gevlug het.”
JOSUA 20:6 Die Boodskap (DB)
So ’n persoon moet in hierdie toevlugstad bly totdat hy in ’n openbare verhoor in die stad onskuldig verklaar is. Die persoon moet daarna in daardie stad bly totdat die hoëpriester van dié tyd dood is. Daarna mag die persoon as vry mens terugkeer huis toe.”