Josua 20

20
Die asielstede
1Die Here het vir Josua gesê: 2“Jy moet vir die Israeliete sê: Julle moet nou sê watter stede moet asielstede wees. Ek het vir Moses gestuur om dit vir julle te sê. 3Wanneer iemand 'n ander persoon doodgemaak het, maar dit was 'n ongeluk, hy wou dit nie doen nie, dan mag hy na 'n asielstad vlug. Die naaste familielid van die persoon wat dood is, mag nie die man doodmaak wat na die asielstad gevlug het nie. 4Wanneer so iemand vlug na een van hierdie asielstede, dan moet hy by die ingang van die stad se poort gaan staan en hy moet vir die leiers van die stad sê wat gebeur het. Hulle moet hom dan laat inkom in die stad en hulle moet vir hom 'n woonplek by hulle gee. 5As die naaste familielid van die persoon wat dood is, die man volg en jaag wat die persoon doodgemaak het, dan mag die leiers van die stad nie die man vir hulle gee nie, want hy wou nie die persoon doodmaak nie en hulle was nie voor die tyd vyande nie. 6Maar hy moet in daardie stad bly totdat die volksvergadering kan besluit of hy skuldig is of nie. As hy nie skuldig is nie, dan moet hy daar bly totdat die hoëpriester van daardie tyd gesterf het. Daarna mag hy teruggaan na sy eie stad, na sy huis in die stad waar hy gewoon het voordat hy gevlug het.”
7Hulle het toe hierdie stede gewy: Kedes in Galilea in die Naftali-berge, Sigem in die Efraim-berge en Kirjat-Arba in die Juda-berge. Kirjat-Arba se ander naam was Hebron. 8Oorkant die Jordaan-rivier oos van die stad Jerigo in die woestyn het hulle hierdie stede gewy: Beser op die Hoëveld van die Ruben-stam, Ramot in Gilead op die grond van die Gad-stam, en Golan in Basan, op die grond van die Manasse-stam. 9Dit was die stede wat hulle gekies het. 'n Israeliet en 'n vreemdeling wat tussen die Israeliete woon, kon na 'n asielstad vlug wanneer hy 'n persoon doodgemaak het, maar hy wou dit nie doen nie, dit was 'n ongeluk. Dan kon die naaste familielid van die persoon wat dood is, hom nie doodmaak voordat die volksvergadering besluit het of hy skuldig is of nie.

Tans Gekies:

Josua 20: ABA

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid