JOSUA 20:5
JOSUA 20:5 Bybel vir almal (ABA)
As die naaste familielid van die persoon wat dood is, die man volg en jaag wat die persoon doodgemaak het, dan mag die leiers van die stad nie die man vir hulle gee nie, want hy wou nie die persoon doodmaak nie en hulle was nie voor die tyd vyande nie.
JOSUA 20:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en as die bloedwreker hom agternajaag, mag hulle hom wat die doodslag begaan het, nie aan hom uitlewer nie, omdat hy sy naaste sonder opset doodgeslaan het, sonder dat hy hom gister en eergister vyandig was
JOSUA 20:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
As die bloedverwant van die oorledene hom agtervolg, moet die leiers hom nie aan die bloedverwant uitlewer as hy onopsetlik die dood van 'n ander veroorsaak het en nie kwaadgesind teen hom was nie.
JOSUA 20:5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
As die bloedwreker hom agtervolg, mag hulle die een wat 'n lewe geneem het, nie aan hom uitlewer nie, omdat hy sy medemens sonder voorbedagte rade doodgeslaan het, sonder dat hy hom voorheen gehaat het.
JOSUA 20:5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En as die bloedwreker hom agtervolg, dan mag hulle die doodslagner nie in sy hand gee nie; omdat hy sy naaste onwetend geslaan het en hom nie tevore gehaat het nie.