JOSUA 2:23-24
JOSUA 2:23-24 Bybel vir almal (ABA)
Die twee mans het toe afgekom van die berg en hulle het oor die rivier gegaan. Toe hulle by Josua seun van Nun kom, het hulle vir hom alles vertel wat met hulle gebeur het. Hulle het vir Josua gesê: “Die Here sal die land vir ons gee, dit is seker, en die mense van die land is ook al klaar baie bang vir ons.”
JOSUA 2:23-24 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die twee manne het toe weer van die gebergte afgeklim en deurgegaan en by Josua, die seun van Nun, gekom en hom alles vertel wat hulle ondervind het. Verder het hulle vir Josua gesê: Sekerlik gee die HERE die hele land in ons hand, ja, al die inwoners van die land bewe selfs vir ons.
JOSUA 2:23-24 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daarna het die twee manne uit die berge teruggekom en is hulle die rivier oor na Josua seun van Nun toe. Hulle het hom alles vertel wat met hulle gebeur het. Hulle het vir Josua gesê: “Die Here gee die hele land oor in ons mag. Al die inwoners van die land bewe van vrees vir ons.”
JOSUA 2:23-24 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die twee manne het teruggekeer. Hulle het van die berg afgekom, die rivier oorgesteek en by Josua, seun van Nun, aangekom. Hulle het vir hom alles vertel wat met hulle gebeur het. Hulle het vir Josua gesê: “Die HERE het inderdaad die hele land in ons hand gegee. Meer nog, al die inwoners van die land sidder oor ons.”
JOSUA 2:23-24 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die twee manne het toe teruggekeer en van die berg afgeklim en oorgetrek en by Josua, die seun van Nun, gekom en hom alles vertel wat hulle oorgekom het. Toe sê hulle vir Josua: Waarlik, die HERE het die hele land in ons hand gegee; want selfs al die inwoners van die land beswyk vanweë ons.
JOSUA 2:23-24 Die Boodskap (DB)
Daarna is die twee spioene bergaf en deur die Jordaan terug na Josua toe. Hulle het hom alles vertel wat gebeur het. Hulle het ook vir hom gesê: “Die Here gaan ons beslis hierdie land laat inneem, want die mense is verskriklik bang vir ons.”
JOSUA 2:23-24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die mans het toe afgekom uit die berge en is deur die Jordaan terug na Josua, die seun van Nun. Hulle het aan hom teruggerapporteer oor alles wat hulle daar aangetref het. Hulle het vir Josua gesê: “Die HERE sal die hele land in ons mag gee. Almal wat in die land bly, is lam van vrees vir ons.”