JOËL 3:9-11
JOËL 3:9-11 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet vir die volke skree en sê: “Julle moet gereedmaak en julle moet gaan oorlog maak. Roep die soldate, al die soldate moet kom en hulle moet gaan oorlog maak. Julle moet swaarde en spiese maak van die skerp ysters waarmee julle ploeg en bome se takke afsny. 'n Man wat nie sterk is nie, moet ook sê: ‘Ek is 'n soldaat!’ Die volke wat daar naby woon, moet gou maak en bymekaarkom, en die Here moet sy soldate bring.
JOËL 3:9-11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Roep dit uit onder die nasies, heilig 'n oorlog! Wek die helde op, laat al die krygsmanne nader kom, opruk! Smee van julle pikke swaarde en van julle snoeimesse spiese; laat die swakke sê: Ek is 'n held. Haas julle en kom aan, alle nasies rondom, en versamel julle. Laat u helde, HERE, daarheen aftrek!
JOËL 3:9-11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Sê vir die nasies: “Maak julle klaar vir 'n oorlog, roep julle dapper manne op! Al julle soldate moet opruk en nader storm. Maak swaarde van julle ploegskare, en spiese van julle snoeiskêre. Selfs die swakke moet sê: ‘Ek is 'n dapper soldaat!’ Maak gou en kom, al julle nasies van die omgewing.”
JOËL 3:9-11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Roep dit uit onder die nasies, berei voor vir 'n heilige oorlog, ontbied die krygshelde; laat al die krygsmanne nader kom, laat hulle optrek. Smee van julle ploegskare swaarde, en van julle snoeimesse steekspiese, selfs die swakke moet sê: “Ek is 'n held!” Maak gou en kom, maak al die omringende nasies bymekaar. HERE, laat u krygshelde terugkeer!
JOËL 3:9-11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Verkondig dit onder die heidene; Berei oorlog voor, wek die helde op, laat al die krygsmanne nader kom; laat hulle opkom: Smeet van julle pikke swaarde en van julle snoeimesse spiese; laat die swakkes sê: Ek is sterk. Versamel julle en kom, alle nasies, en versamel julle rondom; laat daarheen u magtiges afdaal, HERE.
JOËL 3:9-11 Die Boodskap (DB)
Gee die volgende boodskap vir al die volke wat nie in My glo nie: Maak julle reg vir oorlog! Roep al julle dapper manne. Kry julle soldate gereed om aan te val! Verander julle ploeë in swaarde en julle snoeiskêre in spiese. Selfs die swakstes onder julle moet opgelei word om soos dapper soldate te veg. Julle moet gou maak. Maak al die volke uit die omgewing bymekaar en bring hulle af na die vallei toe. En nou, Here, stuur u magtige leër om al daardie mense aan te val!
JOËL 3:9-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Sê aan die nasies: “Sonder julle af vir oorlog! Roep julle dapperste soldate op! Laat die krygsmanne uittrek vir die aanval! Maak swaarde van julle ploegimplemente en spiese van julle snoeiskêre. Selfs die swakkeling moet sê: ‘Ek is ’n dapper soldaat!’ Al julle nasies van die omringende omgewings, kom gou! Kom bymekaar in die Josafatlaagte.” HERE, bring u soldate af daarheen!