JOËL 3:1-2
JOËL 3:1-2 Bybel vir almal (ABA)
Die Here sê: “In daardie tyd sal Ek dit weer goed laat gaan in Juda en in Jerusalem. Ek sal al die volke bymekaarmaak en Ek sal hulle vat na die Josafat-vallei. Daar sal Ek die volke straf oor wat hulle gedoen het aan my volk, die Israeliete wat aan My behoort. Die volke het my volk weggevat na ander lande en hulle het my land vir hulleself gevat.
JOËL 3:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
WANT kyk, in dié dae en in dié tyd wanneer Ek die lot van Juda en Jerusalem verander, sal Ek al die nasies versamel en hulle na die dal van Jósafat laat aftrek, om daar met hulle 'n strafgerig te hou ter wille van my volk en my erfdeel Israel wat hulle onder die nasies verstrooi het, en my land wat hulle verdeel het.
JOËL 3:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
In daardie tyd sal Ek al die nasies bymekaarmaak; dit is die tyd wanneer Ek die lot van Juda en Jerusalem sal verander. Dan sal Ek die nasies in die Josafatlaagte afbring en daar sal Ek hulle straf omdat hulle my volk, Israel wat aan My behoort, onder die nasies verstrooi het en my land vir hulle gevat het.
JOËL 3:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ Ja, wanneer Ek in daardie dae, in daardie tyd, die lot van Juda en Jerusalem verander, sal Ek al die nasies versamel en hulle afbring na die vallei van Josafat! Ek sal daar met hulle in 'n regstryd tree oor my volk en my erfdeel, oor Israel, wat deur hulle onder die nasies verstrooi is. Hulle het my land verdeel
JOËL 3:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want kyk, in daardie dae en in dié tyd, wanneer Ek die ballingskap van Juda en Jerusalem sal terugbring, Ek sal ook al die nasies versamel en hulle afbring in die dal van Jósafat en daar met hulle 'n stryd voer vir my volk en vir my erfdeel Israel, wat hulle onder die nasies verstrooi het en my land verdeel het.
JOËL 3:1-2 Die Boodskap (DB)
In daardie tyd sal Ek baie goed wees vir al my mense in Juda en Jerusalem, sê die Here. Maar Ek sal al die ongelowige volke in die vallei van Josafat bymekaarmaak. Daar sal Ek hulle terugkry omdat hulle my volk, Israel, uit hulle eie land verdryf het en my land vir hulleself gevat het.
JOËL 3:1-2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die HERE sê: “Wanneer dié tyd aanbreek, sal Ek Juda en Jerusalem weer voorspoedig maak. Ek sal al die nasies van die wêreld in die Josafatvallei bymekaarmaak. Daar sal Ek hulle oordeel omdat hulle my volk kwaad aangedoen het. Hulle het Israel wat aan My behoort onder die nasies verstrooi en my land verdeel.