JOËL 2:9
JOËL 2:9 Bybel vir almal (ABA)
Hulle hardloop in die stad in, hulle hardloop oor die mure, hulle klim teen die huise op, hulle klim soos diewe deur die vensters.
JOËL 2:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hulle oorval die stad, hulle hardloop op die muur, hulle klim in die huise, hulle dring by die vensters in soos 'n dief.
JOËL 2:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hulle oorval die stad, hulle hardloop oor die mure, hulle storm die huise binne, soos diewe klim hulle deur die vensters.
JOËL 2:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hulle bestorm die stad, op die stadsmuur hardloop hulle, die huise val hulle binne, deur die vensters klim hulle soos diewe.
JOËL 2:9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hulle sal in die stad heen en weer hardloop; hulle hardloop op die muur, hulle klim op die huise; hulle sal by die vensters ingaan soos 'n dief.