JOËL 2:20
JOËL 2:20 Die Boodskap (DB)
Ek sal die sprinkane wat as julle vyand uit die noorde gekom het, van julle af wegjaag die woestyn in. Hulle voorpunt sal Ek in die Dooie See laat verdrink en hulle agterhoede in die Middellandse See. Hulle het te veel van hulleself gedink; daarom sal die slegte reuk van dooie liggame oral in die lug bly hang.
JOËL 2:20 Bybel vir almal (ABA)
Die sprinkane het julle aangeval soos julle vyande wat altyd van die noorde kom. Maar Ek sal die sprinkane wegvat, ver weg van julle. Ek sal hulle wegjaag na 'n droë land. Niks kan daar lewe nie. Die sprinkane wat voor is, sal in die Dooie See val, en die sprinkane wat agter is, sal in die Middellandse See val. Hulle sal vrek en stink.” Die Here sal 'n wonderwerk doen.
JOËL 2:20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ja, Ek sal die sprinkaanswerm, uit die noorde afkomstig, van julle af wegjaag en dit wegdrywe na 'n dor en woeste land; sy voorhoede na die Oostelike See en sy agterhoede na die Westelike See toe. En sy stank sal opstyg, en 'n slegte reuk uit hom opgaan; want hy het alte groot dinge gedoen.
JOËL 2:20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hierdie vyand uit die noorde sal Ek wegvat van julle af, Ek sal hom wegjaag na 'n droë en verwoeste land toe, sy voorpunt sal in die Dooie See beland en sy agterhoede in die Middellandse See. Sy stank sal opstyg, sy slegte reuk sal versprei, want hy het hom groot gehou.
JOËL 2:20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die vyand uit die noorde sal Ek uit julle midde verwyder, Ek sal hom na 'n dor en verlate land verdryf: sy voorhoede na die oostelike see, sy agterhoede na die westelike see. Sy stank sal opstyg, sy slegte reuk sal optrek, omdat hy groot dinge probeer doen het.
JOËL 2:20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar Ek sal die noordelike leër ver van jou verwyder en hom verdryf in 'n onvrugbare en woeste land, met sy aangesig na die Oossee en sy agterste deel na die uiterste see, en sy stank sal opkom en sy siek geur sal opkom, want hy het groot dinge gedoen.
JOËL 2:20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ek sal hierdie leërs uit die noorde verwyder en hulle ver weg stuur. Ek sal hulle verdryf na ’n droë en onherbergsame land toe. Dié op die voorhoede sal in die Dooie See beland, en dié op die agterhoede in die Middellandse See. Die stank van hulle lyke sal oor die land versprei.” Die HERE het inderdaad groot dinge gedoen!