JOËL 2:19 - Compare All Versions
JOËL 2:19 ABA (Bybel vir almal)
Die Here het vir sy volk gesê: “Ek stuur vir julle al die koring en wyn en olyf-olie wat julle nodig het. Ek sal julle help. Die ander volke sal julle nie weer spot nie.
JOËL 2:19 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En die HERE het geantwoord en aan sy volk gesê: Kyk, Ek stuur vir julle koring en mos en olie, sodat julle daarvan versadig word, en Ek maak julle nie meer tot 'n voorwerp van smaad onder die nasies nie.
JOËL 2:19 AFR83 (Afrikaans 1983)
Die Here het sy volk geantwoord: Ek stuur vir julle koring en wyn en olie. Julle sal oorgenoeg hê. Ek sal julle nie weer tot 'n bespotting onder die nasies maak nie.
JOËL 2:19 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die HERE het geantwoord, Hy het vir sy volk gesê: “Kyk, Ek stuur vir julle koring en •nuwe wyn en olie, sodat julle daarvan versadig kan word, Ek gee julle nie langer daaraan oor om deur die nasies verneder te word nie.
JOËL 2:19 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ja, die HERE sal antwoord en aan sy volk sê: Kyk, Ek stuur vir julle koring en wyn en olie, en julle sal daarmee versadig word; en Ek sal julle nie meer 'n smaad maak onder die nasies nie.
JOËL 2:19 DB (Die Boodskap)
Hy sê toe: Ek sal sorg dat julle binnekort te veel koring, wyn en olyfolie sal hê. Dan sal die ander nasies wat My nie ken nie, julle nie langer kan spot nie.
JOËL 2:19 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Hy sal hulle antwoord en sê: “Kyk, Ek stuur vir julle koring, wyn en olyfolie. Dit sal aan julle behoeftes voldoen. Julle sal nie langer ’n voorwerp van spot onder die nasies wees nie.