JOB 42:4-6
JOB 42:4-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hoor tog, en ék sal spreek; ek sal U ondervra en onderrig U my! Volgens hoorsê het ek van U gehoor; maar nou het my oog U gesien. Daarom herroep ek en het berou in stof en as.
JOB 42:4-6 Bybel vir almal (ABA)
U het gesê ek moet luister, U sal vra, dan moet ek antwoord. Ek het gehoor wat mense oor U sê, maar nou het ek U self gesien. Daarom is ek skaam oor wat ek gesê het, ek is jammer, ek rol rond op die ashoop.”
JOB 42:4-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
U het mos gesê: Luister terwyl Ek praat, Ek sal vra, antwoord jy My. Tot nou toe het ek net gehoor wat mense van U sê, maar nou het ek U self gesien, en nou verag ek myself, nou sit ek vol berou, in sak en as.”
JOB 42:4-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Luister, en ek sal praat! U het gesê, ‘Ek sal jou ondervra, lig jy My dan in!’ Op hoorsê het ek van U verneem, maar nou het my oog U gesien. Daarom herroep ek dit, en het ek berou – in stof en as.”
JOB 42:4-6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hoor tog, en ek sal spreek; ek sal van jou eis en jou aan my verkondig. Ek het van jou gehoor deur die oor, maar nou sien my oog jou. Daarom verafsku ek myself en bekeer my in stof en as.
JOB 42:4-6 Die Boodskap (DB)
“U het gesê: ‘Luister net ’n slag as Ek praat. Ek het vrae vir jou wat Ek wil hê jy moet antwoord.’ “Ek het vroeër net gehoor wat ander mense van U sê, maar nou het ek U met my eie oë gesien. Ek trek alles terug wat ek gesê het. Om te wys dat ek baie spyt is oor wat ek gesê het, gooi ek grond en as op my kop.”