JOB 36:26-28
JOB 36:26-28 Bybel vir almal (ABA)
Onthou, God is groot, ons kan nie weet hoe groot Hy is nie, ons kan nie weet hoe oud Hy is nie. Hy trek die druppels water op en Hy verander die druppels in reën. Die wolke laat dit reën, die reën val op al die baie mense.
JOB 36:26-28 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Kyk, God is groot en onbegryplik vir ons; die getal van sy jare is onnaspeurlik. Want Hy trek waterdruppels af; hulle sif neer by sy mistige weer as reën wat die wolke laat neerstroom, laat afdrup op baie mense.
JOB 36:26-28 Afrikaans 1983 (AFR83)
God is groot, ons kan sy grootheid nie begryp nie, sy jare kan nie bereken word nie. Hy trek vog op uit die see, Hy haal reën uit die groot waters uit, dan giet die wolke water uit, laat hulle dit op al die baie mense val.
JOB 36:26-28 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Kyk, God is verhewe – ons kan dit nie eers bedink nie; die getal van sy jare – dit kan nie nagespeur word nie. Want Hy trek druppels water op; dit word vir sy ondergrondse rivier oorgeskink tot reënwater wat die wolke uitstort, wat hulle oorvloedig laat drup op die mense.
JOB 36:26-28 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Kyk, God is groot, en ons ken Hom nie, en die getal van sy jare kan nie nagespeur word nie. Want Hy maak die waterdruppels klein; hulle giet reën volgens die dampe daarvan; wat die wolke wel laat val en oorvloedig oor die mens distilleer.