JOB 36:13 - Compare All Versions

JOB 36:13 ABA (Bybel vir almal)

God word nog meer kwaad vir mense wat nie vir Hom wil dien nie, vir mense wat nie tot Hom bid wanneer hulle gevangenes word nie.

JOB 36:13 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Maar die goddelose van hart koester nyd; hulle roep nie om hulp as Hy hulle bind nie.

JOB 36:13 AFR83 (Afrikaans 1983)

Die godloses hoop die toorn van God nog meer teen hulle op, hulle roep selfs nie om hulp as God hulle in boeie laat vasvang nie.

JOB 36:13 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Hulle wat oortuigde godloses is, hoop toorn op; hulle roep nie aanhoudend om hulp nie, selfs al boei Hy hulle.

JOB 36:13 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Maar die geveinsdes van hart versamel woede; hulle roep nie as Hy hulle bind nie.

JOB 36:13 DB (Die Boodskap)

Mense wat hulle nie aan God steur nie, troetel graag slegte gevoelens. Selfs al straf God hulle, vra hulle Hom nie om hulle te help nie.

JOB 36:13 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

“Goddelose mense vertroetel hulle woede. Selfs wanneer Hy hulle straf, weier hulle om te roep om hulp.