JOB 33:28-30
JOB 33:28-30 Bybel vir almal (ABA)
Hy het my gered, ek het nie gesterf nie, ek geniet nog die lewe.’ Luister na my: God doen dit alles met 'n mens, Hy doen dit weer en weer. God hou 'n mens weg van die graf, Hy laat die mens die lewe geniet.
JOB 33:28-30 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hy het my siel verlos, dat dit nie in die kuil ingegaan het nie, en my lewe mag hom verlustig in die lig. Kyk, dit alles doen God, twee keer, ja, drie keer met 'n mens om sy siel terug te bring van die kuil, sodat hy bestraal word met die lig van die lewe.
JOB 33:28-30 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy het my gered, ek het nie gesterf nie, nou lewe ek weer.’ “Dit alles doen God met die mens, selfs meer as een keer. So keer God die mens weg van die graf af en laat Hy hom weer lewe.
JOB 33:28-30 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
God het my vrygekoop van die oorgang na die grafkuil; en my lewe mag hom in die lig verlustig.’ “Kyk, al hierdie dinge doen God selfs twee of drie maal met 'n man, om hom van die grafkuil weg te keer, en die lig van die lewe te laat skyn.
JOB 33:28-30 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hy sal sy siel verlos daarvan om in die kuil te gaan, en sy lewe sal die lig sien. Kyk, al hierdie dinge werk God dikwels met die mens, Om sy siel uit die put terug te bring, om verlig te word met die lig van die lewendes.
JOB 33:28-30 Die Boodskap (DB)
Maar God het gesorg dat ek nie in die dood beland het nie. Hy het my losgekoop. Nou lewe ek en kan ek die lig geniet.’ “Dit is wat God vir mense doen. Hy doen dit selfs twee of drie keer vir hulle. Hy bring mense uit die dood terug sodat hulle weer in die lig kan leef. Hulle is mense wat bly is oor die lewe.