JOB 2:2
JOB 2:2 Die Boodskap (DB)
Die Here het vir hom gevra: “Waar kom jy vandaan?” Satan het geantwoord: “Ek het heen en weer en kruis en dwars oor die aarde rondgegaan.”
JOB 2:2 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het vir die Satan gevra: “Waar was jy?” Die Satan het gesê: “Ek het oral op die wêreld rondgegaan.”
JOB 2:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe vra die HERE vir die Satan: Waar kom jy vandaan? En die Satan antwoord die HERE en sê: Van 'n swerftog oor die aarde, wat ek deurkruis het.
JOB 2:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe vra die Here vir hom: “Waar kom jy vandaan?” En die Satan antwoord die Here: “Ek het die wêreld deurkruis.”
JOB 2:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die HERE sê toe vir die satan: “Waar kom jy vandaan?” Die satan het die HERE geantwoord; hy het gesê: “Van rondswerf op die aarde en daar rondloop.”
JOB 2:2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê die HERE vir die Satan: Waar kom jy vandaan? En die Satan het die HERE geantwoord en gesê: Van heen en weer op die aarde en van heen en weer daarin wandel.